Robert Falcon Scott

Robert Falcon Scott
Robert Falcon Scott

Portretfoto van Robert Scott in 1900

Geboortedatum 6 Junie 1868
Geboorteplek Plymouth, Devon, Engeland
Sterfdatum 29 Maart 1912 (43 jaar oud)
Sterfplek Ross-ysbarrière, Antarktika
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Vlag van Verenigde Koninkryk Britse Vloot
Jare in diens 1881–1912
Poste beklee Discovery-ekspedisie
Terra Nova-ekspedisie
Toekennings Royal Victorian Order (1904)
Patron se medalje (1904)
Vega-medalje (1905)
Cullum-medalje (1906)
Familie Kathleen Bruce (huweliksmaat)
Peter Scott (seun)

Robert Falcon Scott (6 Junie 1868 – 29 Maart 1912) was ’n Britse see-offisier en Suidpoolreisiger. Hy het bekendheid verwerf deur sy dagboek van die laaste tog, sy afskeidsbriewe en sy sogenaamde boodskap aan die publiek.

In Roggebaai, Kaapstad, staan ’n klein, maar aangrypende gedenkteken ter ere van Robert Falcon Scott om ons aan sy tragiese ekspedisie na die Suidpool te herinner. Kaptein Scott en sy manne het almal op die terugreis van die Suidpool af deur koue en ontbering oorweldig, maar tot baie kort voor hul dood het Scott nog met die inskrywings in sy dagboek voortgegaan. Die manuskrip is agt maande na sy dood gevind.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne